afen

Bovelder Lek

VOERMOL BOVELDERLEK
Klas: Proteïen-, Mineraal- en Spoormineraalaanvulling vir Beeste
VOERMOL BOVELDERLEK is ’n kostedoeltreffende onderhoudslek vir beeste in suurveldgebiede met strawwe winters:
– spesiaal geformuleer vir gebiede waar lekinname van gewone winteronderhoudslekke te hoog is;
– bevat voldoende hoeveelhede natuurlike proteïen en fosfor om beeste koste-effektief mee te oorwinter;
– is ’n volledig gebalanseerde klaargemengde lek wat die mikrobes in die grootpens stimuleer en inname en vertering van droë
winterweiding aanhelp;
– verskaf spoorelemente wat noodsaaklik is vir optimum eetlus en vrugbaarheid;
– help om droë galsiekte te voorkom aangesien melasse matig lakserend is;
– is ’n gekonsentreerde bron van proteïen wat aanleiding gee tot ’n laer koste per eenheid proteïen;
– kan met mieliemeel, hominy chop of enige graan gemeng word om ’n produksielek te gee


V19218

Description

V19218