afen

Bovelder Lekkonsentraat

VOERMOL BOVELDER LEKKONSENTRAAT
Klas: Proteïen- en Spoormineraalkonsentraat vir Beeste


VOERMOL BOVELDER LEKKONSENTRAAT is ’n lekkonsentraat vir die tuismeng van winterlekke vir beeste in suurveldgebiede met
strawwe winters:
– dit moet met sout en ander bestanddele vermeng word om ’n onderhoudslek of doelmatige produksielek te gee;
– spesiaal geformuleer vir gebiede waar lekinname van gewone winterlekke te hoog is;
– is ’n gekonsentreerde bron van proteïen wat aanleiding gee tot ’n laer koste per eenheid proteïen;
– bevat voldoende hoeveelhede natuurlike proteïen en fosfor om beeste koste-effektief mee te oorwinter;
– stimuleer mikrobes in die grootpens om inname en vertering van droë winterweiding te verbeter;
– help om droë galsiekte te voorkom aangesien melasse matig lakserend is;
– verskaf spoorelemente wat noodsaaklik is vir optimum eetlus en vrugbaarheid

V19908