afen

Maxiwol ReadyMix

VOERMOL MAXIWOL READYMIX
Klas: Proteïen- en Spoormineraalaanvulling vir Skape
VOERMOL MAXIWOL READYMIX is ’n hoë kwaliteit klaargemengde lek in meelvorm vir skape en bokke op droë weiding. Dit:
– is geriefl ik om te gebruik omdat geen vermenging nodig is nie en is veral geskik waar probleme ondervind word om lekke te meng weens arbeid wat nie beskikbaar is nie, lekbakke en/of grane wat nie beskikbaar is nie of te duur is;
– beperk vermorsing en windverlies omdat dit melassegebaseer is;
– is melassegebaseer wat smaaklikheid bevorder en dus goeie inname verseker;
– bevat voldoende inname-inhibeerders om inname te reguleer;
– is ’n lek en nie ’n volvoer nie en daarom moet voldoende weiding of ruvoer altyd beskikbaar wees;
– voorsien ’n hoë vlak van natuurlike proteïen (deurvloeiproteïen), energie en minerale wat produksie en reproduksie bevorder;
– is weens sy hoë deurvloeiproteïeninhoud uiters geskik as ’n produksielek vir laatdragtige en lakterende skaap-, Angora- en
Boerbokooie, prikkelvoeding van ooie, vir die uitgroei van speenlammers en vervangingsooie en
– is uiters geskik as ’n produksielek vir hamels, droë ooie en ooie gedurende die eerste drie maande van laktasie op baie swak
kwaliteit droë weiding;
– verseker ʼn hoë inname van deurvloeiproteïen wat die volgende voordele het:
• verlaag lamvrektes by kleinvee omdat dit uierontwikkeling stimuleer en gevolglik bies- en melkproduksie verhoog,
moedereienskappe en lewenskragtigheid van lammers met geboorte verbeter asook die voorkoms van geboorteprobleme,
domsiekte en melkkoors verlaag;
• verlaag lamvrektes omdat dit die voorkoms van abnormale dik en taai bies voorkom. Hierdie kondensmelkagtige biesmelk hou
verband met hoë lamvrektes aangesien dit saam gaan met lae bies- en melkproduksie asook vertraagde aanvang van laktasie;
• verhoog lamgroei en verlaag die voorkoms van boepens- en hanslammers omdat dit melkproduksie stimuleer;
• verhoog groei van jong diere deurdat dit spiergroei bevorder. Dit het hoër speenmassas en beter uitgroei van jong diere (bv.
vervangingsooitjies) tot gevolg wat leeftydreproduksiepotensiaal verhoog;
• bevorder wolgroei van wolskape en veselgroei van Angorabokke asook wol- en veselkwaliteit. Dit verhoog terselfdertyd die
treksterkte van die wolvesel wat ’n pryspremie tot gevolg het;
• stimuleer die inname van ruvoer asook dié van droë weidings en verbeter sodoende produksie en,
PROTEÏENLEKKE
• verminder die impak wat parasietbesmetting op die produktiwiteit van diere het deurdat dit die immunologiese weerstand van diere
veral tydens tye van stres (bv. paring, laatdragtigheid, lam- en speentyd, ensovoorts) verhoog.
Voermol Maxiwol Readymix het ten doel om moeitevrye en winsgewender produksie van vleis, wol of hare deur kleinvee op
weiding, veral droë weiding, te verseker
V7815

N-FF 1779

Description

V7815
N-FF 1779