afen

Maxiwolkonsentraat

VOERMOL MAXIWOLKONSENTRAAT
Klas: Proteïen-, Mineraal- en Spoormineraalkonsentraat vir Skape
VOERMOL MAXIWOLKONSENTRAAT is ’n hoë kwaliteit lekkonsentraat vir die tuismeng van lekke, spesiaal geformuleer om
wol- en veselgroei te bevorder asook om uierontwikkeling, bies- en melkproduksie van skaap- en bokooie te stimuleer:
– gemeng met sout, bevorder dit produksie van wol, vesel, melk en vleis omdat dit ’n relatief hoë persentasie goeie gehalte natuurlike
proteïene (deurvloeiproteïen) bevat;
– voorsien ’n hoë vlak van deurvloeiproteïen wat die prestasie van produserende diere betekenisvol verbeter (Sien
Voermol Maxiwol Produksiekorrels p. 42);
– help om ruvoer- en weidinginname te stimuleer en sodoende produksie te verbeter;
– is aanpasbaar; die soutvlak kan aangepas word om die gewenste inname te verseker;
– is ’n melassegebaseerde produk, waai nie weg nie en verseker ’n goeie inname omdat dit smaaklik is;
– die relatief lae ureuminhoud en hoë inhoud van deurvloeiproteïen maak dit geskik vir ander gebruike soos die uitgroei van jong skape.
Voermol Maxiwolkonsentraat kan ook as ’n HPK in suiwelmele vir melkkoeie op natuurlike weiding gebruik word.

V4985
N-FF 0558

Description

V4985
N-FF 0558