afen

Skaapkonsentraat

VOERMOL SKAAPKONSENTRAAT
Klas: Proteïenkonsentraat vir Herkouers
VOERMOL SKAAPKONSENTRAAT is die nuutste afrondkonsentraat in die Voermol stal.
Voermol Skaapkonsentraat is koste-effektief en gee uitstekende resultate. Die produk bevat 30% proteïen en het ’n
10% insluiting. Verder bevat Voermol Skaapkonsentraat al die nodige minerale, spoorminerale, vitamienes en medikamente om top prestasie te
verseker.
Een van die groot uitdagings in ’n skaap voerkraal is om lammers aan te pas sodat hulle die hoë energie rantsoene sonder enige probleme kan
hanteer. Fase voeding is ’n praktyk wat goed werk om lammers behoorlik en sistematies aan te pas sodat hulle uiteindelik top prestasie lewer.
Die onderstaande menginstruksies dien as voorbeeld van rantsoene wat tipies in ’n skaap voerkraal gebruik word. Die voermengsels
kan aangepas word afhangende van beskikbaarheid en koste van grondstowwe.
V16977

Description

V16977