- Agtergrond
- In hierdie Privaatheidsverklaring verwys “Tongaat Hulett” kollektief na Tongaat Hulett Beperk, sy dogtermaatskappye en filiale.
- Tongaat Hulett is ‘n landbou- en landbouverwerkingsonderneming met sy hoofkantoor in Tongaat, Suid-Afrika. Tongaat Hulett fokus op suikerrietverbouing, suikerverwerking en -raffinering regoor Suider-Afrika.
- Tongaat Hulett is verbind tot die beskerming van die Gebruiker se privaatheid en om te verseker dat persoonlike inligting op ‘n gepaste, deursigtige, veilige en wetsgehoorsame wyse gebruik word.
- Hierdie Privaatheidsverklaring bevat ‘n uiteensetting van hoe Tongaat Hulett met die Gebruiker se persoonlike inligting omgaan en die doel waarvoor sodanige inligting aangewend word.
- Insameling van persoonlike inligting
- Tongaat Hulett mag op eie diskresie die Gebruiker se persoonlike inligting insamel en verwerk ten einde die Gebruiker toegang te gee tot die dienste en produkte wat Tongaat Hulett bied, om Tongaat Hulett toe te laat om sy aanbieding aan die Gebruiker te verbeter, asook vir die doeleindes soos hieronder uiteengesit.
- Tongaat Hulett sal verseker dat die Gebruiker bewus is van die doel waarvoor inligting ingesamel word deur die Gebruiker van sodanige doeleindes in kennis te stel.
- Die tipe inligting wat Tongaat Hulett insamel hang af van die doel waarvoor die inligting ingesamel word. Voorbeelde van die persoonlike inligting wat Tongaat Hulett kan insamel sluit in, maar is nie beperk nie tot, name, vanne, identiteitsnommers, residensiële- en besigheids- en/of werksadresse, poskodes, telefoon- en selfoonnommers, faksnommers, epos-adresse, huwelikstatus, inkomstebelastingverwysingsnommers, en bankiers- en Internetprotokol-adresse.
- Aanwend van persoonlike inligting
- Die Gebruiker se persoonlike inligting sal slegs verwerk word vir die doel waarvoor dit ingesamel is en indien dit voldoende, relevant en nie buitensporig is nie.
- Persoonlike inligting sal slegs verwerk word indien daar aan sekere voorwaardes voldoen word, naamlik:
- dat die Gebruiker instem tot die verwerking van inligting;
- dat verwerking nodig geag word – die persoonlike inligting wat verlang word, is redelikerwys nodig sodat Tongaat Hulett dienste en/of produkte aan die Gebruiker kan bied en bemark via eposse en brosjures (of enige ander toepaslike metode);
- dat sodanige verwerking voldoen aan enige wetlike verpligting ingevolge waarvan Tongaat Hulett sy mandaat aan die Gebruiker moet volbring;
- dat sodanige verwerking die regmatige belang van die Gebruiker beskerm – dit is in die Gebruiker se beste belang om toegang te hê tot die webwerf, asook Tongaat Hulett se dienste en produkte wat op die webwerf verskyn;
- dat sodanige verwerking nodig is vir doeleindes van die verskaffing van toepaslike dienste en produkte aan die Gebruiker – ten einde die Gebruiker te voorsien van toepaslike dienste en produkte, het Tongaat Hulett sekere persoonlike inligting van die Gebruiker nodig;
- dat sodanige verwerking nodig is vir die voortsetting van die regmatige belange van Tongaat Hulett of van ‘n derde party aan wie die inligting verskaf word.
- Insameling en bekendmaking van persoonlike inligting
- Ten tyde van die insameling van sodanige inligting sal Tongaat Hulett stappe neem om te verseker dat die Gebruiker bewus is van:
- die inligting wat ingesamel word en die bron vanwaar dit verkry is;
- die doel van sodanige insameling;
- Tongaat Hulett se naam en adresbesonderhede (hieronder verkrygbaar);
- die vrywillige of verpligte aard van die verskaffing van inligting;
- die gevolge sou die Gebruiker nie sodanige inligting verskaf nie;
- die wetgewing wat die insameling van sodanige inligting vereis, waar toepaslik; en
- enige ander inligting.
- Die stappe hierbo moet geneem word alvorens die inligting ingesamel word of sodra prakties moontlik nadat dit ingesamel is.
- Ten tyde van die insameling van sodanige inligting sal Tongaat Hulett stappe neem om te verseker dat die Gebruiker bewus is van:
- Toestemming met betrekking tot persoonlike inligting
- Die onus rus op Tongaat Hulett om bewys te lewer van die Gebruiker se instemming soos na verwys in punt 3.2.1.
- Die Gebruiker mag sy of haar instemming te eniger tyd terugtrek op voorwaarde dat die regsgeldigheid van die verwerking van persoonlike inligting voor sodanige onttrekking nie geaffekteer sal word nie.
- Die Gebruiker mag te eniger tyd beswaar aanteken teen die verwerking van persoonlike inligting, welke beswaar op die voorgeskrewe wyse en op redelike gronde met betrekking tot sy of haar spesifieke situasie aangeteken word, tensy wetgewing anders bepaal.
- Indien die Gebruiker wel beswaar aanteken teen die verwerking van persoonlike inligting soos na verwys in punt 5.3 hierbo, sal Tongaat Hulett nie sodanige inligting verder verwerk nie.
- Behoud en beperking van rekords
- Rekords van die Gebruiker se persoonlike inligting sal nie langer as wat nodig is behou word nie, behalwe:
- waar dit deur wetgewing gemagtig is;
- vir regmatige doeleindes wat met Tongaat Hulett se funksies en werksaamhede verband hou;
- waar dit kontraktueel vereis word; of
- waar die Gebruiker ingestem het tot die behoud van die rekords.
- Rekords kan ook vir historiese, statistiese en navorsingsdoeleindes behou word indien die toepaslike beveiliging ingevolge hierdie Verklaring in plek is.
- Tongaat Hulett sal die Gebruiker se rekords vernietig sodra dit prakties moontlik is, en sodra goedkeuring om sodanige rekords by te hou nie meer ingevolge punte 6.1 en 6.2 bestaan nie. Dit sal geskied op ‘n wyse wat die rekonstruksie van enige verstaanbare formaat van hierdie rekords sal verhoed.
- Beperkte verwerking van die Gebruiker se inligting sal in werking tree indien:
- die akkuraatheid van die inligting betwis word;
- Tongaat Hulett nie meer die inligting vir sy spesifieke doeleindes benodig nie;
- verwerking van die inligting onregmatig is en die Gebruiker die vernietiging daarvan teenstaan en eerder versoek dat beperkinge geld; of
- die Gebruiker versoek dat die persoonlike inligting na ‘n ander geoutomatiseerde verwerkingstelsel oorgedra word.
- Die beperking van persoonlike inligting soos vervat in punt 6.4 mag, met die uitsondering van storing, en met die Gebruiker se instemming, alleenlik vir doeleindes van bewyslewering verwerk word met die oog op die beskerming van die regte van ‘n ander natuurlike/wettige persoon of indien sodanige verwerking in die openbare belang is. Die Gebruiker moet ingelig word voordat sodanige beperking opgehef word.
- Rekords van die Gebruiker se persoonlike inligting sal nie langer as wat nodig is behou word nie, behalwe:
- Beperking van verdere verwerking
- Verdere verwerking van inligting moet geskied ingevolge punt 2 van hierdie Privaatheidsverklaring en moet versoenbaar wees met die doeleindes van die insameling van inligting.
- Verdere verwerking is versoenbaar met die doeleindes van insameling indien:
- die Gebruiker instemming verleen tot verdere verwerking;
- die inligting vanaf openbare rekords verkry word;
- verdere verwerking nodig is:
- om bevooroordeling ten opsigte van die nakoming van die wet te voorkom;
- vir voldoening aan enige verpligting ingevolge wetgewing;
- wat die verloop van hofverrigtinge betref; of
- in die belang van nasionale sekuriteit;
- verdere verwerking nodig is vir die voorkoming of mitigering van ‘n ernstige en naderende bedreiging vir:
- openbare gesondheid en veiligheid; of
- die lewe/welstand van die Gebruiker of ‘n ander individu;
- die inligting vir historiese, statistiese of navorsingsdoeleindes benodig word.
- Gehalte en instandhouding van inligting
- Tongaat Hulett sal die nodige stappe neem om te verseker dat die Gebruiker se inligting volledig, akkuraat, op datum en nie-misleidend is met die oog op die insameling en verdere verwerking daarvan.
- Tongaat Hulett sal die dokumentasie van alle verwerkingsaksies ingevolge punt 6 van hierdie Privaatheidsverklaring in stand hou.
- Beveiliging van persoonlike inligting
- Tongaat Hulett het toepaslike veiligheidsmaatreëls in plek om te verhoed dat die persoonlike inligting wat Tongaat Hulett byhou, nie verlore gaan, gebruik, op ‘n onregmatige manier verkry, verander of bekend gemaak word nie. Tongaat Hulett sal sy veiligheidsmaatreëls voortdurend hersien ten einde die Gebruiker se persoonlike inligting te beveilig deur nuwe risiko’s of tekortkominge aan te spreek. Tongaat Hulett sal ook maatreëls implementeer om voorsienbare interne en eksterne risiko’s te identifiseer, en sal sodanige maatreëls in stand hou en die doeltreffende implementering daarvan op ‘n gereelde basis verifieer.
- Die volgende maatreëls is in plek ten einde die Gebruiker se persoonlike inligting te beskerm:
- ‘n Derdeparty diensverskaffer (hierna genoem die operateur) het die mandaat om die Gebruiker se elektroniese persoonlike inligting te beskerm;
- Die operateur verrig die volgende funksies namens Tongaat Hulett:
- die verwerking van inligting met die wete en toestemming van Tongaat Hulett; en
- die hantering van sodanige inligting as vertroulik en sonder dat die inligting bekendgemaak word; behalwe waar dit ingevolge wetgewing of in die behoorlike uitvoering van sy pligte vereis word;
- Tongaat Hulett se inligtingsbeampte is verantwoordelik om voldoening aan die vereistes vir die regmatige verwerking van persoonlike inligting aan te moedig;
- werknemers van Tongaat Hulett is verplig om vertroulikheidsooreenkomste te onderteken as deel van hul indiensnemingskontrakte;
- die operateur en Tongaat Hulett is verplig om ‘n geskrewe kontrak aan te gaan, welke kontrak verseker dat veiligheidsmaatreëls ingestel en in stand gehou word rakende die verwerking van persoonlike inligting deur die operateur ingevolge punt 9.1 van hierdie Privaatheidsverklaring. Die operateur sal Tongaat Hulett onmiddellik in kennis stel indien enige onregmatige toegang tot die Gebruiker se persoonlike inligting plaasgevind het;
- indien sodanige onregmatige toegang ingevolge punt 9.2.5 wel sou voorkom, sal Tongaat Hulett die Inligtingsreguleerder wat deur relevante wetgewing aangewys is, asook die Gebruiker so gou as moontlik in kennis stel van die ontdekking van sodanige blootlegging.
- Sodanige kennisgewing moet op skrif wees en moet op ten minste een van die volgende wyses gekommunikeer word:
- pos na die laaste bekende fisiese of posadres;
- epos na laaste bekende epos-adres;
- plasing op Tongaat Hulett se webwerf;
- publikasie in die nuus/media; of
- soos deur die Inligtingsreguleerder vereis.
- kennisgewing van sodanige blootlegging kan vertraag word indien dit sou inbreuk maak op enige kriminele ondersoek deur ‘n openbare liggaam;
- lêers met hardekopieë word op ‘n veilige plek gestoor en vernietig sodra die doel van die inligtingsinsameling bereik is;
- die hardeskywe van Tongaat Hulett se interne bediener word deur ‘n spermuur beskerm;
- ‘n register van sekuriteitsvoorvalle word bygehou ten einde verslag te doen oor en sodanige voorvalle te bestuur. Die register word deur die inligtingsbeampte bygehou;
- alle Tongaat Hulett-werknemers ontvang opdrag om Tongaat Hulett se beleide en prosedures te eerbiedig sodat die Gebruiker se inligting akkuraat en veilig verwerk kan word.
- Toegang tot en regstelling van persoonlike inligting
- Die Gebruiker het die reg om toegang te versoek tot die inligting wat Tongaat Hulett oor hom of haar byhou.
- Die Gebruiker het die reg om gratis bevestiging te versoek van die inligting wat Tongaat Hulett byhou.
- Die Gebruiker het die reg om ‘n beskrywing te versoek van al die data in Tongaat Hulett se besit, insluitend die identiteit van die operateur en alle ander derde partye wat toegang tot sodanige inligting het. Sodanige versoek moet binne ‘n redelike tyd, teen ‘n voorgeskrewe fooi, en op ‘n redelike wyse voltooi en in ‘n verstaanbare formaat aan die Gebruiker verskaf word.
- Indien daar wel ‘n voorgeskrewe fooi is wat op die Gebruiker se versoek van toepassing is, sal Tongaat Hulett die Gebruiker met ‘n geskrewe kwotasie voorsien voordat die diens gelewer word. Tongaat Hulett mag ook in hierdie verband ‘n deposito vir ‘n gedeelte van of die totale fooi aanvra.
- Waar Hoofstuk 4 van Deel 2 en Deel 3 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting van toepassing is, kan Tongaat Hulett weier dat die Gebruiker enige van die inligting soos deur die Gebruiker versoek, bekendmaak.
- Die Gebruiker is ook by magte om Tongaat Hulett te versoek om hul persoonlike inligting op redelike gronde op datum te bring, te korrigeer, uit te vee of te vernietig.
- By ontvangs van ‘n versoek soos in punt 10.6 genoem, moet Tongaat Hulett so gou as wat prakties moontlik is:
- sodanige inligting regstel;
- die inligting vernietig of uitwis; of
- geloofwaardige bewyse verskaf ter ondersteuning van die inligting.
- Tongaat Hulett sal die Gebruiker in kennis stel van die stappe wat op grond van die versoek geneem is.
- Sodra die Gebruiker beswaar aanteken teen die verwerking van sy of haar persoonlike inligting, sal Tongaat Hulett geen verdere verwerking van die Gebruiker se persoonlike inligting verrig nie, buiten waar Tongaat Hulett op grond van wetgewing of gebruiksreg verplig is om dit te doen.
- Die besonderhede van Tongaat Hulett se inligtingsbeampte aan wie die versoek gerig kan word, is:
- Wysigings aan hierdie Privaatheidsverklaring
- Wysigings aan hierdie Privaatheidsverklaring sal op ‘n ad hoc-basis geskied soos en wanneer nodig.
- Die Gebruiker word aangeraai om gereeld die webwerf te besoek om op hoogte te bly van enige veranderinge.
- Die Gebruiker kan enige navrae aan die inligtingsbeampte rig.
- Gebruik van koekies
- Hierdie webwerf maak van koekies gebruik.
- Koekies het heelwat nut vir die Gebruiker, waaronder:
- die Gebruiker word toegang gebied tot beperkte inhoud;
- die webwerf se funksionaliteit word by die Gebruiker se voorkeure aangepas deurdat die webwerf die Gebruiker se voorkeure, ligging of toesteltipe onthou;
- dit verbeter die webwerf se werking;
- derde partye word toegelaat om dienste aan die webwerf te lewer; en
- dit help Tongaat Hulett om geteikende advertering te doen, waar dit gepas is, en om aan toepaslike wetgewing te voldoen.
- Die webwerf gebruik verskillende tipes koekies. Sommige van hierdie koekies word deur Tongaat Hulett geplaas, terwyl ander deur Tongaat Hulett se derdeparty-inpropprogramme, verskaffers of adverteerders geplaas word. Hierdie koekies kan op verskillende tye van die Gebruiker se toestel uitgevee word, byvoorbeeld aan die einde van die Gebruiker se soeksessie (wanneer die Gebruiker die webwerf verlaat) of na ‘n voorafbepaalde tydperk, of dit kan op die Gebruiker se toestel bly totdat dit uitgevee word.
- Die Gebruiker se Internetsoeksessies aanvaar gewoonlik koekies outomaties, maar die Gebruiker kan hierdie stelling wysig sodat dit nie koekies aanvaar nie. Die Gebruiker kan ook koekies self uitvee.
- Die uitvee of nie-aanvaarding van koekies kan verhoed dat die Gebruiker toegang verkry tot sekere aspekte van die webwerf waar koekies nodig is, of die webwerf kan die Gebruiker se voorkeure vergeet. Die uitvee van koekies sal nie verhoed dat die Gebruiker advertensies op die webwerf sien nie, maar sodanige advertensies kan minder relevant wees vir die Gebruiker.
- Sommige Tongaat Hulett-besigheidsvennote gebruik hulle eie koekies of koppelvlakgeriewe op die webwerf. Tongaat Hulett het geen toegang tot of beheer hieroor nie. Inligting wat deur enige van daardie koekies of koppelvlakgeriewe ingesamel word, word beheer deur die Privaatheidsverklaring van die maatskappy wat dit geskep het, en nie deur Tongaat Hulett nie.
- Definisies
- Tensy die konteks anders aandui, sal die volgende woorde, begrippe of uitdrukkings die betekenisse hê wat in hierdie dokument aan hulle toegeken is, terwyl verwante uitdrukkings ooreenstemmende betekenisse sal hê:
- “Koekie” beteken klein tekslêers wat Tongaat Hulett op die Gebruiker se toestel mag plaas wanneer die Gebruiker die webwerf besoek. Welke tekslêers bevat nie persoonlike inligting nie, maar wel ‘n persoonlike identiek wat Tongaat Hulett in staat stel om die Gebruiker se persoonlike inligting met ‘n spesifieke toestel te assosieer;
- “Partye” beteken die Gebruiker en Tongaat Hulett, en “Party” beteken enige van die twee soos deur die betrokke konteks bepaal;
- “Verklaring” beteken hierdie Privaatheidsverklaring en gebruik van koekies;
- “Tongaat Hulett” beteken Tongaat Hulett Beperk, registrasienommer 1892/000610/06;
- “Gebruiker” beteken enige persoon wat die webwerf besoek en sluit in potensiële, voormalige en bestaande Gebruikers, hetsy dit individue, beslote korporasies, maatskappye, deeltitelskemas, trusts en enige persoon in ‘n verteenwoordigende hoedanigheid soos lede, aandeelhouers, direkteure, trustees en begunstigdes is;
- “Gebruikersaanvaardingsdatum” beteken die datum waarop die Gebruiker die webwerf besoek en die aanvaar-knoppie klik wanneer die knoppie in verband met hierdie Verklaring verskyn;
- “Webwerf” beteken die Internetdomein wat geregistreer is as, en gevind kan word by, www.tongaat.com.
- Tensy die konteks anders aandui, sal die volgende woorde, begrippe of uitdrukkings die betekenisse hê wat in hierdie dokument aan hulle toegeken is, terwyl verwante uitdrukkings ooreenstemmende betekenisse sal hê: