Voermol Voere vervaardig en bemark ’n wye reeks konsentrate vir die tuismeng van ’n groot verskeidenheid voere.
Voermol Konsentrate
Voermol SB100 en Voermol Super 80 is voerkraal konsentrate vir die afronding van beeste.
Voermol Beefmaker is ’n voerkraal konsentraat vir die afronding van beeste waar geen/min hooi beskikbaar is.
Voermol Natbeef is ’n voerkraal konsentraat vir die afronding van beeste vir die EU mark. Voermol Natbeef bevat geen medikamente nie.
Voermol Fase D Bulkorrels is ’n volledige voer vir die voeding van bulle ter voorbereiding vir skoue, veilings en teelseisoen en is geskik vir die voer van bulle in Fase D toetse.
Voermol SS 200 en Voermol Skaapkonsentraat is voerkraal konsentrate vir die vetmesting van skape en bokke.
Voermol Skaapafrondkorrels is volledige afrondkorrels vir die voerkraalafronding van skape en bokke.
Voermol Zilmol is ’n medikament bevattende produk vir die byvoeging tot voerkraal afrondrantsoene.
Gehalte veevoer inligting binne jou bereik