Voermol Voere vervaardig ’n wye reeks melassegebaseerde aanvullings wat aan die behoeftes van herkouers op enige tipe weiding sal voldoen.
Die beperkende voedingstof wat met ’n onderhoudslek aangevul word, is proteïen wat hoofsaaklik deur ureum voorsien word. Tydens vervaardiging word die ureum eers in melassestroop opgelos en dan in die finale produk ingemeng. Hierdie proses hou die volgende voordele in:
Voermol onderhoudslekke verskaf die belangrikste spoorminerale waarvan daar ’n tekort in weiding mag voorkom. Verder is die spoorminerale noodsaaklik vir optimum eetlus en vrugbaarheid. Voermol onderhoudslekke is nie stowwerig nie, gevolglik word windverlies tot die minimum beperk.
Die beperkende voedingstof wat deur mineraallekke aangevul word, is fosfor asook spoorminerale. Groenweidings is gebrekkig aan minerale, veral wanneer diere se massa toeneem. Mineraallekke moet dus aan diere op groenweiding gevoer word.
Die voorsiening van ’n oorgangslek met die oorgang van groen gras na droë gras bevorder die produksie en reproduksie van koeie omdat dit massa- en kondisieverlies beperk.
Produksie- en energielekke word gebruik om energie asook proteïen, minerale en spoorminerale aan te vul. Produksie- en energielekke word gewoonlik aan produserende diere (koei met kalf, ooi met lam of groeiende diere) as lekaanvulling gevoer.
Die volgende faktore moet by die keuse van ’n lek in gedagte gehou word:
So word die beperkende voedingstof of voedingstowwe geïdentifiseer en deur ’n lek sinvol aangevul.
L.W. Lekke dien slegs as aanvulling van die beperkende voedingstof of voedingstowwe tot weiding en is nie ’n voer nie. Lekke word slegs aanbeveel wanneer daar voldoende weiding of ander ruvoer beskikbaar is.
Die minimum en maksimum lekinname word vir elke produk voorgeskryf (die aanbevole lekinname). Indien lekinname van die voorskrif afwyk, moet daar na ’n ander lek verander word. Gewoonlik verloop dit vanaf ’n onderhoudslek na ’n produksielek wat gepaard gaan met hoër inname.
Met lae lekinname (minder as 50 g/skaap/dag en 240 g/bees/dag),is die riglyne ’n maksimum van 50 skape of 25 beeste per lekbak of lekblok of minstens 25 mm lekbakspasie per skaap en 50 mm per bees. Met medium lekinname (meer as 100 g/skaap/dag en 400 g/bees/dag), is die riglyn ’n maksimum van 25 skape of 15 beeste per lekbak of lekblok of minstens van 50 mm lekbakspasie per skaap en 100 mm per bees.
Met hoë lekinname (meer as 250 g/skaap/dag en 1 000 g/bees/dag), is die riglyn ’n maksimum van 15 skape of 10 beeste per lekbak of lekblok of minstens 75 mm van lekbakspasie per skaap en 150 mm per bees.
Hierdie is algemene riglyne om te verseker dat die diere die aanbevole hoeveelheid lek vreet vir optimale respons. Lekbakspasie moet egter na gelang van omstandighede (bv. baie groot kampe, veral dié met net een watersuiping) aangepas word.
Lekke vorm ’n groot deel van die insetkoste in veeboerdery. Indien lekke oordeelkundig gebruik word, is dit baie kostedoeltreffend. Volg dus ’n goed beplande lekprogram.
Die meeste lekke bevat ureum wat onder sekere omstandighede gevare inhou. Tydens die formulering en vervaardiging van Voermollekke word daar gepoog om die risiko van ureumvoeding so laag as moontlik te hou. Die voorkoms van ureumvergiftiging kan verder verlaag word deur op die volgende te let:
Hierdie veevoedsel bevat NPN-(Nie-Proteïen Stikstof) bronne en moet daarom streng volgens die gebruiksaanwysings vermeng en gevoer word.
GMO Opmerking
Hierdie dierevoedsel mag grondstowwe bevat wat van GMO (geneties gemodifiseerde organismes) oorsprong is.