afen

Maksimeer die Rendement van u Belegging

Voermol Voere het vir meer as 60 jaar boere in staat gestel om hul vee strategies te voer vir maksimum rendement op hul belegging. 

Voermol produseer ’n volledige reeks kwaliteit melasse gebaseerde produkte wat wetenskaplik gebalanseer is. Hierdie produkte voldoen aan al die voedingsbehoeftes van herkouers tydens verskeie produksie stadiums en op alle weiding tipes.

Die kern van die proses is die strewe na doeltreffende diere produksie.

Gehalte veevoer inligting binne jou bereik

Laai die Voermol-toep af

‘n Wye reeks
van hoë gehalte produkte

Voermol se reeks Aanvullings vir herkouers sluit in fosfaat-lekke (minerale aanvullings), proteïenlekke (onderhouds-aanvullings) en produksielekke (energie-aanvullings). Baie van hierdie produkte is ook in blok vorm beskikbaar.
Voermol produseer ook ’n wye reeks kwaliteit tuismeng-konsentrate vir die afronding van beeste, skape en bokke, sowel as vir suiwelmele en rantsoene vir stoet- en vervangings diere, wild, lammers en kalwers (kruipvoer).
’n Reeks vloeivoere is ook beskikbaar vir die verryking van grane of lae graad ruvoer, vir die beperking van vermorsing van onsmaaklike voere en vir die preservering van gras en kuilvoer. Voermol se vloei voere word winsgewend in bees- en skaapvoer krale gebruik en as vloeibare proteïenlekke.

Die inherente waarde
van melasse-gebaseerde produkte

Voermol vorm deel van Tongaat Hulett Suiker, wat ’n afdeling van die Tongaat Hulett groep is. Voermol is gestig as ’n direkte gevolg van die Groep se aansienlike suiker belange. Die ‘mol’ in Voermol is ’n afkorting vir ‘molasses’ (melasse in Afrikaans); ’n byproduk van die suiker vervaardigings proses, wat baie smaaklik en hoog in voeding stowwe is. Nog ‘n suiker-byproduk wat Voermol in sy veevoere gebruik, is begasse; die sagte kern van die suikerriet plant. Voermol Voere het die eerste maatskappy in Afrika geword, en moontlik die wêreld,om ‘n kombinasie van melasse en bagasse suksesvol te kommersialiseer. Daardeur is melasse, wat ’n moeilik hanteerbare produk is, verander na ’n produk wat maklik alleen gevoer of in ander voere in gemeng kan word. Melasse is nie net ’n goeie bron van energie, met vitamien B en spoor minerale nie, maar dit is ook ’n smaaklike bind middel wat stowwerigheid van voere verminder. As gevolg daarvan word innames verbeter en ongewensde seleksie van voere beperk. 

Unieke, koste-effektiewe
voedings oplossings vir herkouers

Voermol se landwye, verkoops- en tegniesespanne betree daagliks met boere om die spesifieke behoeftes van hul ondernemings te verstaan en om vir hul unieke, koste-effektiewe voedings oplossings te bied, wat ondersteun word deur kundige tegniese advies.

Voermol se verbintenis
om die produktiwiteit van vee produsente te verhoog


Voermol is as hoof rolspeler in die herkouer voedings bedryf toegewyd aan die ontwikkeling van kommersiële en opkomende vee boerdery, veral in die verhoging van die produktiwiteit van bees-, skaap-, bok- en herkouer-wild produsente. Voermol se verbintenis tot verhoogde produktiwiteit van bogenoemde vee produsente sluit die volgende doelwitte in: – om veeprodusente in staat te stel om hul vee strategies te voer ten einde maksimum rendement op hul beleggings te geniet; – om waardevolle inligting te produseer, versamel en versprei ten einde produktiwiteit te verbeter en verhoog; – om opleiding en kundige advies aan kommersiële en opkomende vee boere te verskaf; – om finansiële bystand in die vorm van borgskappe aan bedryfs organisasies te bied; – om professionele interaksies te bevorder om die landbou besigheids omgewing in die belang van al Suid-Afrika se vee produsente te verbeter.

’n Passie vir Ontwikkeling

Voermol ondersteun ook die ontwikkeling van kommersiële en opkomende veeboere deur die borg van bedryfs organisasies soos AgriSA, die Nasionale Wolkwekers Vereniging, die Rooivleis Produsente-Organisasie, SA Stamboek en TLU SA, as ook verskeie bees-, skaap- en bokteler genootskappe. Dit is deur gesamentlike bedryfs pogings dat boerdery gemeenskappe tydens tye van droogte in Suid-Afrika hul pont vang, met Voermol wat bystand verleen in die vorm van veevoer.

Gehalte veevoer inligting binne jou bereik

Laai die Voermol-toep af