afen

Die Voermol Toep:
Voer-inligting op jou vingerpunte

Boerdery raak by die dag al hoe meer wetenskaplik en produsente moet hul oog voortdurend op die uiteindelike mikpunt, winsgewende produksie, hou. Dit kan slegs gebeur indien die produsent se bestuursarsenaal die regte toerusting bevat.

Die Voermol-toep is presies dit –’n pasmaak-oplossing ir veeprodusente vir wie wetenskaplike boerdery, produktiwiteit en winsgewendheid die pilare van ’n gesonde onderneming vorm.

Maklik om te gebruik

'n Pasgemaakte oplossing

Die tuisblad is maklik navigeerbaar en bied onmiddellike toegang tot die jongste Voermol-nuus en -artikels asook heersende graan- en vleismarkpryse. Daar is ook ’n “Dierevoeding”-knoppie waar produsente hulle uniekeomstandighede en verhale deel.

Die meeste is in Engels of Afrikaans beskikbaar met die kies van ’n knoppie op die tuisblad of die addisionele kieslys in die linkerkantste hoek bo.

Gebruikersvriendelike koppelvlak

Boerdery advies met net 'n paar kliks

Die toep is gebruikersvriendelik en bied vinnige toegang tot inligting wat krities tot die veeprodusent se voedingsprogram en bemarking is. Dit is ’n selfoontoepassing wat op Google Play Store (Android) of Apple App Store (iOS) afgelaai kan word.

Omvattende produkreeks

Al die inligting wat jy nodig het

Voermol se uitstekende reeks produkte het sy eie knoppie waar die gebruiker met een oogopslag kan sien waarheen hy moet navigeer vir volledige produkinligting.

Elke produkblad bevat ’n volledige produk beskrywing tesame met die betrokke produk se samestelling en natuurlik gebruiksaanwysings met aanbevole hoeveelhede.

Voerkraalsakrekenaar vir beter bestuur

Maak jou somme vinnig

Die hart van hierdie toepassing lê egter in die unieke “Voerkraalsakrekenaar”. Hierdie klein sompompie is maklik om te gebruik en verg net ’n paar brokkies inligting van die gebruiker se kant, voor dit ’n rits uiters handige inligting uitspoeg.

Begin deur die betrokke spesie op die kieslys te selekteer, en selekteer dan uit reeds-ingevoerde inligting soos aanvangsgewig, teikengewig en alles wat op ’n standaard kieslys verskyn. Ander belangrike inligting wat deur die gebruiker geselekteer moet word, val aan die insetkant en behels die heersende mielieprys die ruvoerprys end die . Die prys van Voermol se SB 100 en SS 200.

Direkte toegang tot ondersteuning

Uitstekende kliëntediens

Die “Kontak ons” knoppie gee jou toegang tot Voermol-dienste en verteenwoordigers, sodat jy jou navrae vinnig beantwoord kan kry.

Die Voermol-toep Nóg ’n stukkie uitstekende diens van Voermol.

Gratis en gerieflik om te gebruik

Gratis

Die toepassing is gratis en is veral van waarde vir produsente wat Voermol-produkte wil gebruik, aangesien Voermol se twee vetmaakkonsentrate as die standaard elemente in die voerkosteberaming dien.

Gehalte veevoer inligting binne jou bereik

Laai die Voermol-toep af