afen

Voermol Somerpromosie

‘n Somerpromosie is tans aan die gang vir bestellings wat van 1 Oktober tot 19 November 2021 vir die volgende Voermol-produkte geplaas word: Produksielek, Supermol, Fosfaatblok, Energieblok, Rumevite 6P, Rumevite 12P, Molovite en Superfos.

Kontak u naaste Voermol-verkoopsagent vir die somerpromosie se bepalings en voorwaardes.

Bepalings en voorwaardes vir die gelukkige trekking in die Voermol-somerpromosie.

Plaas ‘n produkbestelling van 17 ton of meer in die Voermol-somerpromosie by u naaste Voermol -verkoopsagent, en u naam word deel van ‘n gelukkige trekking waar iemand Voermol-produkte ter waarde van R20 000 (plus BTW) kan losslaan (aflewering uitgesluit).

Die gelukkige trekking vind einde Desember 2021 plaas.

Die trekking word deur ‘n onafhanklike persoon met behulp van ‘n aanlyn-randomiseerder gedoen. Die wenner se naam sal op Voermol se Facebookblad aangekondig word en die wenner sal ook telefonies verwittig word.

Sou pogings om die wenner te kontak na sewe dae misluk, sal die prys oorgedra word na die tweede persoon wat deur die aanlyn-randomiseerder geïdentifiseer is.

Die wenner sal aangesê word om die betrokke Voermol-verkoopsbestuurder te kontak ten einde die prys met die betrokke koöperasie te reël. Die pryswenner is self verantwoordelik vir afleweringskoste.

Die beslissing van die beoordelaars is finaal en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie.

Geen werknemers, verteenwoordigers of familielede van werknemers van Tongaat Hulett of Tongaat Hulett Voermol Feeds, mag aan die gelukkige trekking deelneem nie.