afen
Bovelder Lick Concentrate
Proteienlekke

Bovelder Lekkonsentraat

Produk Kode: V19908

VOERMOL BOVELDER LEKKONSENTRAAT is ’n lekkonsentraat vir die tuismeng van winterlekke vir beeste in suurveldgebiede met strawwe winters:

  • dit moet met sout en ander bestanddele vermeng word om ’n onderhoudslek of doelmatige produksielek te gee;
  • spesiaal geformuleer vir gebiede waar lekinname van gewone winterlekke te hoog is;
  • is ’n gekonsentreerde bron van proteïen wat aanleiding gee tot ’n laer koste per eenheid proteïen;
  • bevat voldoende hoeveelhede natuurlike proteïen en fosfor om beeste koste-effektief mee te oorwinter;
  • stimuleer mikrobes in die grootpens om inname en vertering van droë winterweiding te verbeter;
  • help om droë galsiekte te voorkom aangesien melasse matig lakserend is;
  • verskaf spoorminerale wat noodsaaklik is vir optimum eetlus en vrugbaarheid;
  • ’n deel van die spoorminerale word in organiese vorm voorsien wat hoogs opneembaar is en noodsaaklik is vir optimum reproduksie sowel as sterker kalwers.
Aflaai Spesifikasies

Verkoopnavrae

Kontak die agent van ons verkoopspan in u omgewing vir hulp.

Kontak Ons