afen
Voermol Bovelder Lick - Protein, Mineral & Trace Mineral Supplement for Cattle
Proteienlekke

Bovelderlek

Produk Kode: V19218

VOERMOL BOVELDERLEK is ’n kostedoeltreffende, klaargemengde onderhoudslek vir beeste in suurveldgebiede met strawwe winters:

  • spesiaal geformuleer vir gebiede waar lekinname van gewone winteronderhoudslekke te hoog is;
  • bevat voldoende hoeveelhede natuurlike proteïen en fosfor om beeste koste-effektief mee te oorwinter;
  • is ’n volledig gebalanseerde klaargemengde lek wat die mikrobes in die grootpens stimuleer en inname en vertering van droë winterweiding aanhelp;
  • verskaf spoorminerale wat noodsaaklik is vir optimum eetlus en vrugbaarheid;
  • ’n deel van die spoorminerale word in organiese vorm voorsien wat hoogs opneembaar is en noodsaaklik is vir optimum reproduksie sowel as sterker kalwers;
  • help om droë galsiekte te voorkom aangesien melasse matig lakserend is;
  • is ’n gekonsentreerde bron van proteïen wat aanleiding gee tot ’n laer koste per eenheid proteïen.
Aflaai Spesifikasies

Verkoopnavrae

Kontak die agent van ons verkoopspan in u omgewing vir hulp.

Kontak Ons