
Suiwel
Droë Koei Aanvulling
Produk Kode: V14603
VOERMOL DROË KOEI AANVULLING is ’n spesiaal geformuleerde aanvulling vir die voer aan droë koeie vir die laaste 21 dae voor kalf:
- bevat die nodige anioonsoute asook die nodige kalsium, fosfaat, magnesium en swael om metaboliese steurnisse te help voorkom;
- bevat hoë vlakke van organiese spoorminerale soos sink, selenium, koper en mangaan wat hoogs opneembaar is en noodsaaklik is vir optimum reproduksie;
- bevat hoë vlakke Vitamiene A, D3 en E. Vitamien E tesame met selenium is ’n kragtige antioksidant wat die koei se immuniteit versterk;
- is melassegebaseer en smaaklik sonder die gepaardgaande inname probleme wat gewoonlik met anioonsoutmengsels ondervind word.