
Proteienlekke
Dundee Lekkonsentraat
Produk Kode: V10737
VOERMOL DUNDEE LEKKONSENTRAAT is ’n lekkonsentraat vir die tuismeng van veelekke:
- moet met sout en ander bestanddele gemeng word om ’n onderhoudslek of produksielek te gee;
- is hoogs gekonsentreerd wat vervoerkostes verlaag;
- bevat ’n hoë vlak van melasse wat help om “droëgalsiekte” te voorkom a.g.v. die hoë kaliuminhoud van melasse wat matig lakserend is;
- verskaf spoorminerale waarvan daar ’n gebrek in veldweiding mag wees. Verder is die spoorminerale ook noodsaaklik vir optimum eetlus en vrugbaarheid.