afen
Maxiwol Production Pellets
Proteienlekke

Maxiwol Produksiekorrels

Produk Kode: V15415

VOERMOL MAXIWOL PRODUKSIEKORRELS is ’n klaargemengde hoë kwaliteit lek vir skape en bokke in korrelvorm:

  • is gerieflik om te gebruik en is veral geskik waar probleme ondervind word om lekke te meng weens arbeid wat nie beskikbaar is nie, lekbakke en/of grane wat nie beskikbaar is nie of te duur is;
  • beperk vermorsing en windverlies omdat dit in korrelvorm is;
  • bevat voldoende inname-inhibeerders om inname te reguleer;
  • is ’n lek en nie ’n volvoer nie en daarom moet voldoende ruvoer te alle tye beskikbaar wees;
  • voorsien deurvloeiproteïen, energie en minerale wat produksie stimuleer;
  • kan met groot welslae as ’n goeie kwaliteit onderhoudslek op droë weiding vir enige klas kleinvee gebruik word;
  • is veral geskik vir laatdragtige en lakterende skaap-, Angora- en Boerbokooie weens die hoë deurvloeiproteïeninhoud;
  • verseker ʼn hoë inname van deurvloeiproteïen wat die volgende voordele het:
    • Verlaag lamvrektes by kleinvee omdat dit uierontwikkeling stimuleer en gevolglik bies- en melkproduksie verhoog, moedereienskappe en lewenskragtigheid van lammers met geboorte verbeter, asook die voorkoms van geboorteprobleme, domsiekte en melkkoors verlaag;
    • Verlaag lamvrektes omdat dit die voorkoms van abnormale dik en taai bies voorkom. Hierdie kondensmelkagtige biesmelk hou verband met hoë lamvrektes aangesien dit saam gaan met lae bies- en melkproduksie asook vertraagde aanvang van laktasie;
    • Verhoog lamgroei en verlaag die voorkoms van boepens- en hanslammers omdat dit melkproduksie stimuleer;
    • Verhoog groei van jong diere deurdat dit spiergroei bevorder. Dit het hoër speenmassas en beter uitgroei van jong diere tot gevolg;
    • Bevorder wolgroei van wolskape en veselgroei van Angorabokke. Verhoog ook die treksterkte van wolvesel en Angorahaar;
    • Stimuleer die inname van ruvoer en droë weidings en verbeter sodoende produksie;
    • Verminder die impak wat parasietbesmetting op die produktiwiteit van kleinvee het deurdat dit die immunologiese weerstand van diere veral tydens tye van stres (bv. paring, laatdragtigheid, lam- en speentyd, ensovoorts) verhoog.
Aflaai Spesifikasies

Verkoopnavrae

Kontak die agent van ons verkoopspan in u omgewing vir hulp.

Kontak Ons