afen
Voermol Molovite - Energy, Mineral and Trace Mineral Supplement
Produksie-Aanvullings

Molovite

Produk Kode: V7266

VOERMOL MOLOVITE is ’n energie-minerale-aanvulling met 10 % ruproteïen wat geen NPN bevat nie. Voermol Molovite is die ideale lekaanvulling vir herkouers op bemeste aangeplante weidings en proteïenryke bone-weidings:

  • is klaargemeng en kan net so gebruik word;
  • bevat geen NPN nie omdat voldoende hoeveelhede NPN deur die bemeste weiding verskaf word;
  • voorsien energie, natuurlike proteïene, spoorminerale en
    minerale wat die beperkende voedingstowwe op bemeste aangeplante weidings en boneweidings is;
  • ’n deel van die spoorminerale word in organiese vorm voorsien wat hoogs opneembaar is en noodsaaklik is vir optimum reproduksie;
  • bevat hoë vlakke van vitamiene D3 en E. Vitamien E tesame met selenium is ’n kragtige antioksidant wat die dier se immuniteit versterk. Vitamien D3 help met die absorpsie van fosfor en kalsium;
  • bevat sinkoksied om ’facial eczema’ in suiwelverse op bemeste aangeplante weiding te voorkom;
  • bevat min sout en is melassegebaseer wat goeie inname verseker;
  • bevat medikamente wat die doeltreffendheid van energie benutting op bemeste weidings verbeter;
  • help om koksidiose, domsiekte en ketose in diere te beperk.
Aflaai Spesifikasies

Verkoopnavrae

Kontak die agent van ons verkoopspan in u omgewing vir hulp.

Kontak Ons