Hoë Proteïenkonsentrate
Procon 33
Produk Kode: V12701
VOERMOL PROCON 33 is ’n ureumvrye hoë proteïenkonsentraat vir die tuisvermenging van hoë kwaliteit veevoere en:
- bevat ’n minimum van drie verskillende proteïenbronne om proteïenkwaliteit van hoë gehalte te verseker wat veral geskik is vir hoogproduserende melkkoeie en vinnig groeïende diere;
- het ’n baie hoë deurvloei proteïeninhoud;
- verskaf voldoende hoeveelhede van al sewe noodsaaklike spoorminerale asook vitamien A en E;
- kan in enige herkouer- of herkouer wild rantsoen gebruik word om die proteïeninhoud daarvan te verhoog;
- kan gebruik word as proteïenbron vir die tuisvermenging van veelekke en rantsoene;
- bevat geen ureum of ander NPN-bronne nie.