afen
Voermol Production Lick
Produksie-Aanvullings

Produksielek

Produk Kode: V10108

VOERMOL PRODUKSIELEK is ’n volledige klaargemengde lek wat proteïen, energie, minerale, vitamiene en spoorminerale voorsien vir optimale produksie van die weidende dier:

  • bevat graan en melasse as energiebronne;
  • help om oormatige massaverlies in koeie net na kalwing te voorkom;
  • help om domsiekte in swaardragtige ooie te voorkom en kan ook as ’n prikkelvoer vir ooie gebruik word;
  • bevorder massatoename van jong groeiende diere op veldweiding van goeie gehalte;
  • ‘n deel van die spoorminerale word in organiese vorm voorsien wat hoogs opneembaar is en noodsaaklik is vir optimum reproduksie;
  • bevat hoë vlakke van vitamiene A, D3 en E. Vitamien E tesame met selenium is ‘n kragtige antioksidant wat die dier se immuniteit versterk. Vitamien D3 help met die absorpsie van fosfor en kalsium;
  • bevat medikamente wat energiebenutting van die weiding bevorder.
Aflaai Spesifikasies

Verkoopnavrae

Kontak die agent van ons verkoopspan in u omgewing vir hulp.

Kontak Ons