
Onderhoudkorrels
Ram, Lam en Ooikorrels
Produk Kode: V26842
VOERMOL RAM-, LAM- EN OOIKORRELS is ’n volledig gebalanseerde voerkorrel vir die algemene gebruik by skape en bokke:
- kan net so gevoer word en is volledig gebalanseerd;
- is in korrelvorm en geriefl ik om te voer met geen maal- en mengkoste nie;
- is presies vermeng, bevorder doeltreffende voerbenutting en skakel vermorsing uit;
- is melassegebaseer, smaaklik met goeie inname;
- kan as aanvullende voeding vir ramme, lammers en ooie op die veld gevoer word;
- is ’n ideale byvoeding vir skape en bokke wat saans gekraal moet word;
- bevat anioonsoute en kan met veiligheid vir ramme gevoer word;
- bevat gebalanseerde en voldoende hoeveelhede proteïen, energie, minerale en spoorminerale vir die algemene gebruik by skape en bokke;
- verseker goeie produksie.