
Fosfaatlekke
Superfos
Produk Kode: V17422
VOERMOL SUPERFOS is ’n melassegebaseerde mineraleaanvulling vir beeste en skape op groenweiding. Dit kan ook as oorgangslek van groen na droë weidings gebruik word:
- is klaargemeng en gereed vir gebruik;
- bevat ’n wye reeks minerale en spoorminerale wat groei en reproduksie bevorder;
- ’n deel van die spoorminerale word in organiese vorm voorsien;
- bevat min sout wat die nadele van oormatige soutinname voorkom;
- is melassegebaseer en die lek sal nie wegwaai nie;
- geskik vir herkouer wild.