af
Superlamkorrels
Produksie-Aanvullings

Superlamkorrels

Produk Kode:

VOERMOL SUPERLAMKORRELS is ’n klaargemengde, hoë kwaliteit aanvulling vir herkouers in korrelvorm wat spesiaal ontwikkel is vir die afronding van speenlammers op ’n digte stand, volop aktiefgroeiende, smaaklike en groen blaarryke natuurlike grasveld of aangeplante weiding van ’n hoë gehalte:

  • is maklik om te hanteer asook geriefl ik om te gebruik en is veral geskik waar probleme ondervind word om lekke te meng weens arbeidsprobleme, lekbakke wat nie beskikbaar is nie, grane wat nie beskikbaar is nie of te duur is;
  • beperk vermorsing en windverlies omdat dit in korrelvorm is;
  • is melassegebaseer wat smaaklikheid bevorder en dus voldoende inname op groenweiding verseker asook Karoo Bossieveld waar dikwels probleme met inname van lekke ondervind word;
  • is ureumvry en bevat ’n baie hoë vlak van goeie gehalte natuurlike proteïen
  • voorsien ’n baie hoë vlak van natuurlike proteïen (deurvloeiproteïen) wat spiergroei bevorder, weidingsinname stimuleer en voeromset verbeter
  • voorsien ’n hoë vlak van energie en minerale wat saam met deurvloeiproteïen groei stimuleer en voeromset verbeter;
  • bevat ’n anioonsout wat blaasstene by manlike diere help voorkom;
  • bevat medikamente wat energiebenutting verhoog en massatoename versnel en dus voeromset verbeter asook koksidiose help voorkom;
  • kan as kruipvoeding vir lammers gebruik word;
  • help om speenlammers tot 30 dae gouer af te rond;
  • verhoog die vleiswaarde van ’n skraal nie-markklaardier deur sy graad te verbeter;
  • vereis minder insette in terme van fasiliteite, bestuur en arbeid as voerkraalafronding en skep ’n stresvrye omgewing;
  • is weens die baie hoë deurvloeiproteïeninhoud ook uiters geskik vir laatdragtige ooie met tweelingfetusse, lakterende ooie wat tweelinge soog, prikkelvoer vir teelooie en -ramme voor paring asook vir die uitgroei van jong vervangingsooie op enige tipe groenweiding asook Karoo Bossieveld. Dit kan ook as ’n aanvulling vir die grootmaak van ramme op weiding gebruik word. Die hoë deurvloeiproteïeninname bevorder testisgroei en spermproduksie van ramme wat bevorderlik is vir ’n hoë lampersentasie;
  • is ʼn lek en nie ʼn volvoer nie en daarom moet voldoende groenweiding altyd beskikbaar wees.
Aflaai Spesifikasies

Verkoopnavrae

Kontak die agent van ons verkoopspan in u omgewing vir hulp.

Kontak Ons