Afrondingsprodukte
Zilmol
Produk Kode: V16987
VOERMOL ZILMOL is ’n medikament bevattende produk vir die byvoeging tot voerkraal afrondrantsoene:
- bevat die ß-agonis, Zilpaterol–HCl wat die neerlegging van proteïen bevorder, terwyl dit die neerlegging van vet onderdruk;
- kan die gemiddelde daaglikse toename met sowat 8 % verhoog, die voeromsetverhouding met sowat 12 % verbeter en die uitslagpersentasie met sowat 3 % verhoog;
- verhoog die karkasmassa.
Met die gebruik van Voermol Zilmol word die voerperiode verleng, gevolglik mag die voermarge en winsgewendheid verhoog word.
Voermol Zilmol moet slegs aan slagdiere gevoer word.