Daar word op veilings in top genetika belê; wat beteken dat boere jaar na jaar hulle beeskudde se prestasie verbeter. Die belofte vir verhoogde prestasie word deur die kalweroes voort gedra, mits hulle reg gevoer word. Dié prestasie en produksievermoë word egter beïnvloed deur die aanvullings en groei patroon wat die beeste deur die verskillende fases van hul lewens ervaar. In sekere fases sal daar meer klem op vetmesting gelê word, en in ander fases word daar meer klem gelê op groei en ontwikkeling. Die regte aanvullings aan kalwers op die regte tye, sal uiteindelik die groei en ontwikkeling van dié diere bepaal.
Die plaas se kalweroes kan een van drie verskillende stelsels na speen betreë:
- Vervangingsverse – toekomstige teeltrop.
- Bulkalwers – teelbulle.
- Voerkraal – alle ander kalwers.
Voor die kalwers gespeen word, kan kruipvoer heelwat voordele vir al drie bostaande groepe kalwers inhou. Voermol SB100 (V4498) het veelvuldige gebruike, waarvan ‘n paar in die artikel bespreek gaan word. Die eerste aanwending van Voermol SB100 (V4498) is dat dit in ‘n mengsel ingesluit word wat dan as kruipvoer vir kalwers dien (mengsel 1).
| Menginstruksies (in kg) | ||||||
| Mengsel | 1 | 2* | 3 | 4* | 5* | 6 |
| Kruipvoer | Volvoer-mengsel vir jong teelbulle | Aanvulling vir jong diere | Voerkraal voer vir ligte kalwers (<250kg)
|
Voerkraal voer vir swaarder kalwers (>250kg) | Backgrounding (groen weiding; bemes/onbemes) | |
| Voermol SB100 | 200 | 150 | 200 | 150 | 150 | – |
| Voermol Supermol (onbemes) of
Molovite (bemes) |
– | – | – | – | – | 50 |
| Voermol Procon 33 | 50 | 50 | 50 | 100 | – | – |
| Gemaalde mielies | 750 | 550 | 750 | 650 | 650 | 50 |
| Hooi | – | 150 | Ruvoer ad lib | 200 | 100 | Ruvoer ad lib |
| Totaal | 1000 | 900 | 1000 | 1100 | 900 | 100 |
| Voer-instruksies | Ad lib agter kruiphekke | Ad lib | 1-2% van ligaamsmassa | Ad lib | Ad lib | 2kg/kalf/dag |
Indien mieliepryse druk of inname verbeter moet word, kan 80kg van die mielies, in die bostaande mengsels (mengsels 1-5), met 80kg Voermol Melassemeel (V1995) vervang word. Die drie groepe kalwers het nog iets in gemeen: hulle is in die groeifase van hul lewens. Om die groei van kalwers goed te onderseun, verg dat ‘n natuurlike proteïenbron, wat hoog in deurvloeiproteïen is, deel van die rantsoen vorm. Voermol het ‘n produk ontwikkel wat vir die doeleinde sorg; Voermol Procon 33 (V12701).
Vir beide groepe vervangingsdiere (bulle en verse) moet die groeitempo van die kalwers beheer en beperk word. Oormatige energie wat in die rantsoene voorsien word lei tot vininge groeitempos. Dié groeitempo is nadelig vir beide se reproduksie vermoë in die toekoms; namate vetneerlegging in die uier van die jong vers of skrotum van die jong bul. Nie net is daar ‘n risiko verbonde aan die groeitempo nie, maar daar is ook ‘n kans vir rumenskade indien die kalwers te veel mielies, te vinnig inkry. Dit lei tot suurpens, wat uiteindelik tot laminitis, wat loop probleme veroorsaak, kan lei.
Aanvullings vir verse:
Bonop die feit dat verse op ‘n teikenmassa van 75% van volwasse liggamsmassa dragtig moet word (ipv ‘n sekere ouderdom), het hulle ook groeibehoeftes wat aangespreek moet word. Gedurende die somer, kan verse op goeie groen veld aangehou word; voorsien verse met Voermol Supermol (V7267) teen 1 – 1.2kg/vers/dag. Indien verse op bemesde groen weidings uitgroei, kan Voermol Molovite (V7266) ook teen 1 – 1.2kg/vers/dag met sukses aangewend word. Indien die veld se gehalte nog redelik is, kan mengsel 3 teen 1.2 – 1.7kg/vers/dag voorsien word. Op swakker winterweidings, moet verse ‘n produksielek ontvang. Mengsel 3 kan teen 1.5 – 2kg/vers/dag voorsien word of Voermol Produksielek (V10108) kan teen 1.2 – 1.5kg/vers/dag gevoer word.
Aanvullings vir jong bulle:
Teelbulle word gans te veel op die agtergrond geskuif vanaf speen tot hulle eintlik hulle doel moet bereik. Die tydperk vannaf speen tot geslagsrypheid of puberteit is van uiterse belang vir die diere. Die reproduksie vermoë van die teelbul word neergelê wanneer hy nog jonk is; omrede geslagsorgaan ontwikkeling hier plaasvind. Op goeie-gehalte, groen veld kan Voermol Supermol teen 1 – 1.2kg/dag vir bulle voorsien word of mengsel 3 teen 1 – 2% van liggaamsmassa. Indien bulle op bemesde weidings loop, kan Voermol Molovite teen 1 – 1.2kg/bul/dag met sukses aangewend word. ‘n Volvoer opsie (mengsel 2) is ook beskikbaar vir jong bulle, wat dan ad lib gevoer word.
Voerkraal kalwers
Die kerndoel van beeste wat eerder direk voerkraal toe gaan of ‘n “backgrounding” stelsel betree is om uiteindelik ‘n karkas van goeie gehalte aan die verbruiker te lewer. Die verskil tussen die twee stelsels is dat die groeitempo van kalwers beperk word in die “backgrounding” stelsel om raambou en spierontwikkeling te bevorder. ‘n “Backrounding” fase word gewoonlik deur ‘n voerkraalfase gevolg, waar die klem op vinniger groei en vetmesting gelê word. Indien beeste direk vanaf speen voerkraal toe gaan, kan mengsel 4 vir die eerste 30 dae gevoer word (met ‘n 14-dag aanpassings periode), waarna beeste oorgeskakel word na mengsel 5 vir die res van die voerperiode.
“Backgrounding” kalwers
Om ‘n kalf te “background” hou baie voordele vir die boer in: die kalf kan op ‘n swaarder gewig geslag word, sonder om oormatig vet te word (agv die raambou wat plaasvind). Die kalf kan dus ook die voerkraal swaarder betreë- die kalwers is minder geneig om siek te word en staan korter in die voerkraal as ‘n kalf wat direk na speen die voerkraal betreë het. Voermol het ‘n reeks produkte wat uitstekend vir backgrounding stelsels op verskillende tipes weidings werk. Vir onbemesde groenweidings, kan Voermol Supermol aangewend word, teen dieselfde inname vlakke as vroeër beskryf. Voermol Molovite word op bemesde weidings aangevul, ook teen dieselfde inname vlakke as bo. Indien kalwers wat Supermol of Molovite ontvang, nie groei soos verlang nie, kan mengsel 6 voorsien word. Kalwers wat deur die winter ge-“background” word, kan mengsel 3 teen 2-2.5kg/kalf/dag ontvang.
Maak seker jy kry die beste uit jou veilings-belegging en voer jou kalwers die regte voer op die regte tyd!



