
Afrondingsprodukte
Beefmaker
Produk Kode: V7535
VOERMOL BEEFMAKER is ’n voerkraalkonsentraat vir die afronding van beeste waar geen of min hooi beskikbaar is nie:
- is beskikbaar as meel of korrel. Die voer- en menginstruksies is dieselfde vir beide die meel en korrel;
- bevat die nodige proteïen (beide NPN en natuurlike proteïen) wat voerkraalbeeste benodig;
- bevat die nodige ruvoer as effektiewe vesel vanaf suikerrietmurg;
- bevat die nodige bymiddels wat groei stimuleer en voeromset bevorder;
- bevat Vitamien A, minerale en spoorminerale wat nodig is vir ’n korrek gebalanseerde rantsoen.
Voermol Beefmaker stel die voerkraalondernemer in staat om beeste af te rond sonder die gebruik van hooi:
- is ’n “tuismengsel sonder meng of maal”;
- bied die voerkraalondernemer die kostevoordele van tuisvermenging sonder die bestuur en ekstra koste wat voerverwerking behels;
- skakel ruvoer probleme soos die oes, berging en verwerking van ruvoer uit. Ook word die risiko’s en koste hieraan verbonde vermy;
- het ’n goeie voeromset-doeltreffendheid tot gevolg. Wanneer die voerkraalbeeste aangepas het by hierdie voedingstelsel, reguleer hulle hul eie graan en Beefmaker inname. Hierdie self-regulering lei daartoe dat die beeste al hoe meer van die energie gedeelte van die rantsoen inneem soos die vetmesting tydperk toeneem. Dit is hierdie vermeerderde graaninname wat lei tot goeie voeromset-doeltreffendheid;
- is ’n gevorderde produk van Voermol navorsing. Danksy die Beefmakerstelsel geniet u die voordele van jarelange intensiewe navorsing deur Voermol oor meer winsgewende afrondings-metodes;
- gee die beste resultate waar hominy chop gebruik word in die plek van heel mielies;
- gee die beste resultate by die voer van kalwers met ’n beginmassa van 250 kg en swaarder;
- beperk voerperiode tot ’n maksimum van 120 dae. ’n Langer voerperiode sal die risiko vir mortaliteite verhoog.