
Vloeivoere
Korn Kandy
Produk Kode: V1551
VOERMOL KORN KANDY is ’n konsentraat in vloeivorm vir die verryking van graan deur die byvoeging van proteïen, vitamien A, minerale, buffers en medikamente:
- is ’n veilige en geriefl ike metode om graan te voer, aangesien dit gebuffer is en medikamente bevat;
- dit help om koksidiose in lammers te beperk. Verder verhoog dit bloedglukose-vlakke om ketose (domsiekte) te help voorkom;
- beperk aborsies by swaar dragtige Angora-ooie;
- dit word aanbeveel om ook deurvloeiproteïen addisioneel in te sluit;
- is maklik om te gebruik. Skakel voerbakke uit. Verrykte graan kan op harde oppervlaktes in kampe gevoer word;
- is nie stowwerig nie en daarom is vermorsing min en is dit ’n plesier om daarmee te werk;
- is ’n veelsydige produk met baie gebruike vir die voer van skape, bokke en beeste;
- is ’n goed-gebalanseerde konsentraat met die regte minerale, spoorminerale en proteïenvlakke. Dit verander dus die graan in ’n veilige gebalanseerde aanvulling.