Proteienlekke
Landelek
Produk Kode: V15414
VOERMOL LANDELEK is ‘n klaargemengde lek ontwikkel vir die voorkoming van suurpens (asidose) en aanvulling van voedingstekorte op somergraan- en wintergraanoesreste asook weimielies:
- bevat verskillende buffers om suurpens (asidose) te voorkom;
- bevat ’n anioonsout om blaassteenvorming te beperk;
- bevat medikamente wat doeltreffendheid van energie benutting verbeter, groei versnel, voeromsetverhouding verbeter, en help met die voorkoming van koksidiose;
- bevat ’n medium inhoud deurvloeiproteïen en ten minste 32.7 % van die proteïen is afkomstig van natuurlike proteïenbronne;
- bevat voldoende hoeveelhede van al sewe noodsaaklike spoorminerale;
- is melassegebaseer wat smaaklik is en ’n goeie inname verseker; die lek sal nie wegwaai nie.