afen
Maxi Block
Proteienlekke

Maxiblok

Produk Kode: V17424

VOERMOL MAXIBLOK is ’n hoë kwaliteit lekblok met ’n hoë deurvloeiproteïen-, energie- en mineraalinhoud wat produksie en reproduksie op weidings, veral droë weidings, bevorder:

  • is maklik om te hanteer asook gerieflik om te gebruik omdat geen vermenging nodig is nie en is veral geskik waar probleme ondervind word om lekke te meng weens arbeid nie beskikbaar is nie, lekbakke en/of grane nie beskikbaar is nie of te duur is;
  • beperk vermorsing en windverlies omdat dit in ’n blokvorm is;
  • is melassegebaseer wat smaaklikheid bevorder en dus goeie inname verseker;
  • bevat voldoende inname-inhibeerders om inname te reguleer;
  • is ’n lek en nie ’n volvoer nie en daarom moet voldoende weiding of ruvoer altyd beskikbaar wees;
  • voorsien ’n hoë vlak van natuurlike proteïen (deurvloeiproteïen), energie en minerale wat produksie en reproduksie bevorder;
  • bevat proteïen van ’n goeie gehalte waarvan slegs 31.6 % afkomstig is van ureum;
  • is weens sy hoë deurvloeiproteïeninhoud uiters geskik as ’n produksielek vir laatdragtige en lakterende skaap-, Angora- en Boerbokooie, prikkelvoeding van ooie en vir die uitgroei van jong
    vervangingsooie;
  • is uiters geskik as ’n produksielek vir hamels, droë ooie en ooie gedurende die eerste drie maande van laktasie op baie swak kwaliteit droë weiding;
  • kan ook vir grasvretende wild (d.i. herkouers) op droë weidings gevoer word en
  • verseker ʼn hoë inname van deurvloeiproteïen wat die volgende voordele het:
    • verlaag lamvrektes by kleinvee omdat dit uierontwikkeling stimuleer en gevolglik bies- en melkproduksie verhoog, moedereienskappe en lewenskragtigheid van lammers met geboorte verbeter asook die voorkoms van geboorteprobleme, domsiekte en melkkoors verlaag;
    • verlaag lamvrektes omdat dit die voorkoms van abnormale dik en taai bies voorkom. Hierdie kondensmelkagtige biesmelk hou verband met hoë lamvrektes aangesien dit saam gaan met lae bies- en melkproduksie asook vertraagde aanvang van laktasie;
    • verhoog lam- en kalfgroei en verlaag die voorkoms van boepens- en hanslammers omdat dit melkproduksie stimuleer;
    • verhoog groei van jong diere deurdat dit spiergroei bevorder. Dit het hoër speenmassas en beter uitgroei van jong diere (bv. vervangingsooitjies) tot gevolg wat leeftydreproduksiepotensiaal verhoog;
    • bevorder wolgroei van wolskape en veselgroei van Angorabokke asook wol- en veselkwaliteit. Dit verhoog terselfdertyd die treksterkte van die wolvesel wat ’n pryspremie tot gevolg het;
    • stimuleer die inname van ruvoer asook dié van groen en droë weidings en verbeter sodoende produksie en
    • verminder die impak wat parasietbesmetting op die produktiwiteit van diere het deurdat dit die immunologiese weerstand van diere veral tydens tye van stres (bv. paring, laatdragtigheid asook lam- en speentyd, ensovoorts) verhoog.

Voermol Maxiblok het ten doel om moeitevrye en winsgewender produksie van vleis, wol of hare deur herkouers op weiding, veral droë weiding, te verseker. Die voer van Voermol Maxiblok veroorsaak minder versteuring tydens lamtyd wat dus die risiko van ooie wat lammers weggooi of van hulle lammers geskei word, aansienlik verminder. Die voorwaardes is dat nuwe blokke uitgesit word voordat die oues heeltemal opgevreet is, die proses van uitsit van blokke rustig en kalm geskied en dat die blokke verspreid in die lamkamp uitgesit word.

Aflaai Spesifikasies

Verkoopnavrae

Kontak die agent van ons verkoopspan in u omgewing vir hulp.

Kontak Ons