afen
Maxiwol Concentrate
Proteienlekke

Maxiwolkonsentraat

Produk Kode: V4985

VOERMOL MAXIWOLKONSENTRAAT is ’n hoë kwaliteit lekkonsentraat vir die tuismeng van lekke, spesiaal geformuleer om wol- en veselgroei te bevorder asook om uierontwikkeling, bies- en melkproduksie van skaap- en bokooie te stimuleer:

  • gemeng met sout, bevorder dit produksie van wol, vesel, melk en vleis omdat dit ’n relatief hoë persentasie goeie gehalte natuurlike proteïene (deurvloeiproteïen) bevat;
  • voorsien ’n hoë vlak van deurvloeiproteien in die vorm van rumenbeskermde aminosure wat die prestasie van produserende diere betekenisvol verbeter (Sien Voermol Maxiwol Produksiekorrels p. 40);
  • help om ruvoer- en weidinginname te stimuleer en sodoende produksie te verbeter;
  • is aanpasbaar; die soutvlak kan aangepas word om die gewenste inname te verseker;
  • is ’n melassegebaseerde produk, waai nie weg nie en verseker ’n goeie inname omdat dit smaaklik is;
  • die relatief lae ureuminhoud en hoë inhoud van deurvloeiproteïen maak dit geskik vir ander gebruike soos die uitgroei van jong skape.

VOERMOL MAXIWOLKONSENTRAAT kan ook as ’n HPK in suiwelmele vir melkkoeie gebruik word.

Aflaai Spesifikasies

Verkoopnavrae

Kontak die agent van ons verkoopspan in u omgewing vir hulp.

Kontak Ons