
Proteienlekke
Premix 450
Produk Kode: V4676
VOERMOL PREMIX 450 is ’n koste-doeltreffende onderhoudslek vir beeste:
- is ’n klaargemengde lek wat vertering van droë ruvoer aanhelp aangesien dit proteïen en spoorminerale verskaf wat die mikroorganismes in die grootpens stimuleer;
- help om “droëgalsiekte” te voorkom, aangesien melasse matig lakserend is;
- verskaf spoorminerale wat noodsaaklik is vir ’n goeie eetlus;
- bevat rumen-beskermde vitamien A om stabiliteit in die rumen te verhoog en algehele biobeskikbaarheid te verbeter. Dit lei tot verbeterde vrugbaarheid, immuniteit en gesondheid, en melkproduksie en -kwaliteit;
- is ’n gekonsentreerde bron van proteïen wat aanleiding gee tot ’n laer koste per eenheid proteïen;