
Proteienlekke
Winslekkonsentraat
Produk Kode: V17865
VOERMOL WINSLEKKONSENTRAAT is ’n lekkonsentraat vir die meng van ’n goeie kwaliteit onderhoud- of produksielek as aanvulling tot enige tipe droë weiding (bv. droë natuurlike grasveld, Karoobossies en gemengde veld asook oesreste) om die benutting daarvan te verbeter:
- gemeng met sout gee dit ’n goeie kwaliteit proteïen en energieryke onderhoudslek wat massaverlies op droë weiding beperk;
- gemeng met grane en sout gee dit ’n produksielek met goeie kwaliteit natuurlike proteïen en ’n hoë energie-inhoud wat massatoename op droë weiding verhoog;
- is melassegebaseer wat verseker dat dit nie wegwaai nie en dit bevorder ook smaaklikheid;
- bevat ureum wat in melasse opgelos is en dus die gevaar van ureumvergiftiging verlaag;
- voorsien ureum en deurvloeiproteïen wat onderskeidelik ammoniak en aminosure verskaf en die groei van die rumenmikro organismes stimuleer waardeur die verteerbaarheid en inname van droë weiding bevorder word;
- voorsien proteïen wat eetlus stimuleer en dus selektiewe beweiding verminder waardeur die benutting van onsmaaklike droë weiding verbeter word;
- bevat voldoende swawel wat die omsetting van ureumstikstof na proteïen in die grootpens bevorder en dus doeltreffende benutting van ureum en ander nie-proteïenstikstofbronne verseker;
- voorsien ’n matige vlak van natuurlike proteïen (deurvloeiproteïen) wat weidingsinname stimuleer en dus produksie bevorder;
- is ryk aan kalium wat help om droë galsiekte op droë weiding te voorkom;
- voorsien ’n hoë vlak van spoorminerale in die regte verhouding om die diere se spoormineraalstatus op te bou wat die eetlus stimuleer, produksie en reproduksie bevorder asook die dier se immuniteit verhoog;
- voorsien Vitamien A wat beperkend is in droë weidings;
- bevat geen medikamente of produkte van dierlike oorsprong nie en is dus geskik vir die produksie van natuurlik geproduseerde vleis (bv. Natuurlike Skaap en Bees) en
- Winslekkonsentraatmengsels is lekke en nie volvoere nie en daarom moet voldoende ruvoer in die vorm van droë weiding, hooi of strooi altyd ad lib. beskikbaar wees.
Onderhoud- en Produksielekmengsels van Voermol Winslekkonsentraat het ten doel om koste-doeltreffende produksie van vleis, wol en vesel te verseker.