‘n Pap wiel is niemand se maat nie. Sonder ‘n wiel wat draai, gaan jy moeilik by jou bestemming uitkom. ‘n Pap wiel verg dat ons die situasie van nader af bekyk, die probleem identifiseer en ‘n oplossing vind. Mens het altyd so ‘n paar keuses; laat stop die lekplek (‘n tydelike oplossing) of vervang die hele band (om in die toekoms die risiko te verminder van weer só ‘n probleem). Mens kan ook langtermyn veranderinge aanbring; skenk meer aandag aan die omgewing waar jy bestuur en verwyder voorwerpe wat na ‘n pap wiel kan lei.
Voeding is die wiele van die herkouer se produksie voertuig. Alvorens dit aangespreek kan word, moet mens die “pap wiele” op die plaas kan identifiseer. Wat is die kalf persentasie? Hoe lyk die besettings syfers by koei-, eerste-kalf koei- en vers troppe? Kalf die koeie een maal per jaar? Wat is die gemiddelde speen gewig? Die lys hou aan. Produsente sal weet watter vrae daar gevra moet word (en heel waarskynlik ook die antwoorde hê).
Die hoof doel van aanvullings is slegs om die tekorte wat navore kom, gedurende verskillende seisoene op die plaas, aan te spreek en dus produksie te ondersteun. Produsente hoef nie die hele stelsel oor nag te herontwerp en verbeter nie, maar as verbeterings met tyd toegepas word, kan die produksie wat jaar op jaar bereik word, verhoog.
Kalwers
Kalwers is die hoof inkomste op die plaas, en sodoende moet die beste dier bemark word om die hoogste opbrengs te verseker. Dit is nie altyd maklik nie; verse se kalwers kry gewoonlik die swaarste en is gewoonlik kleiner as volwasse koeie se kalwers ten tye van speen. Dit is a.g.v. die verlaagde melk produksie van eerste-kalf koeie omrede die voedingsbehoeftes van die diere moontlik nie behoorlik aangespreek was nie. Kruipvoeding is ‘n goeie opsie vir eerste-kalf koeie se kalwers. Dit is goedkoper om die kalf self te voer i.p.v. die koei. Na drie maande se ouderdom is die kalf minder afhanklik van melk, en produsente kan reeds hier begin belê in kalwers wat eerder bemark gaan word of dié wat op die plaas gaan agterbly. Kruipvoer is nie slegs vir eerste kalf-koeie se kalwers bedoel nie, maar kan ook in strawwe jare of as weiding van slegte gehalte is, gevoer word. Kruipvoer stimuleer en bevorder grootpens-ontwikkeling, wat die kalf se leeftyd-produksievermoë gaan beïnvloed. Dit lei dan tot verhoogde speen gewigte, kalwers speen makliker en indien hulle voerkraal toe gaan, is hulle al klaar voer gewoond. Kruipvoer bevat deurvloei proteïen (wat deur Voermol Procon 33 (V12701) voorsien word) om die groei en ontwikkeling van jong diere te ondersteun. Om inname van kruipvoer by kalwers te stimuleer word dit sterk aanbeveel om Voermol Melassemeel (V1995) by die kruipvoer mengsel in te sluit (raadpleeg die tabel hier onder).
Verse en eerste-kalf koeie
Verse is die stilte voor die storm. Na hulle eers gekalf het, mag dit voel asof nie net meer as een wiel by die groep diere pap is nie, maar die wiele wil sommer ook begin afval. Maar indien hulle na speen goed bestuur word, kan die wiele op die voertuig bly. Verse se behoeftes is heelwat meer as volwasse koeie; omrede hulle nog groei. Dus moet verse produksielekke (soos Voermol Supermol (V7267) op groen weiding of Voermol Produksielek (V10108) op droë weiding) ontvang vanaf speen tot na hulle weer dragtig geword het met hul tweede kalf. Navorsing voltooi deur Mulliniks et al. in 2013 het bewys dat verse en eerste-kalf koeie wat hoë kwaliteit aanvullings ontvang het (aanvullings het oor hoë vlakke van deurvloei-proteïen beskik), het hoër leeftyd-besettings syfers getoon en as gevolg daarvan, langer in die teeltrop aangebly. Dit mag voorkom asof verse en eerste-kalf koeie net ‘n onkoste tydens die eerste drie jaar is, maar indien hulle mooi versorg word, sal hulle ook só vir hulle produsent in die toekoms sorg.
Eerste-kalf koeie is bekend om laer besettings syfers te toon en sukkel boonop om beset te raak na kalwing. Die eerste kalwing is altyd ‘n uitdaging vir dié diere; die gemak van kalwing beïnvloed ook herbesetting in die volgende teel seisoen. Die diere moet ekstra kans gegun word om herbeset te raak en moet dus steeds produksielekke ontvang omrede hul gewoonlik die eerste keer kalf teen 80-85% van volwasse ligaamsmassa.
Volwasse koeie
Volwasse koeie se behoeftes is die laagste op die plaas, maar dit bedoel nie dat hulle nie aanvullings benodig nie. Wanbalanse in veral proteïen en energie, mag tot verlaagde herbesetting- en dus kalf persentasies lei. Wat ook in ag geneem moet word is die kwaliteit van die weidings, en hoe dit tussen seisoene , asook jare varieër. Voermol Dundee lekkonsentraat (V10737) kan vermeng word met sout en mielies om eerder onderhoudslekke of produksielekke vir die jaar te voorsien. Daar is ‘n produk in die Voermol-stal wat dit ‘n stappie verder vat; Voermol Bovelder lekkonsentraat (V19908) wat geskik is vir suur-, soet- en gemengde veld. Die produk bevat hoër vlakke van fosfor; fosaat speel ‘n belangrike rol in reproduksie. Voermol Bovelder lekkonsentraat (V19908) bevat ook organies gebonde spoorminerale, wat meer beskikbaar is vir die bees, dus kan die produk hoër vlakke van produksie ondersteun.
Bulle
Die impak wat bulle op die produksie vermoë van die teelkudde het, word partykeer onderskat. Volgens Walker et al. (2009) kan bulle ‘n bydrae van 25-60 kalwers in elke kalfseisoen maak. Bulle moet ten minste twee tot drie maande voor die teel seisoen getoets word vir siektes, gekondisioneer en fiks gemaak word, om op hul beste stukke te wees. Voedings wanbalanse kan daartoe lei dat spermproduksie – en gehalte afneem, wat die produksievermoë van die bul gaan belemmer. Deur die Voermol SB100 (V4498), Voermol Procon 33 (V12701) en mielie mengsel (tabel onder) aan bulle te voorsien, voorkom produsente voedings wanbalanse voor die teel seisoen.
Hiermee ‘n tabel met mengsels wat geskik is vir die beeskudde op die plaas. Ander mengsels is ook beskikbaar, kontak u naaste Voermol verteenwoordiger vir meer inligting.
| Kalwers | Verse/ Eerste-kalf koeie | Volwasse Koeie | Volwasse Bulle | ||||
| Kruipvoer | Aparte trop van volwasse beeste | Suurveld | Soet- / gemengde veld | (voor teel seisoen, anders selfde as volwasse koeie) | |||
| Onderhoud | Produksie | Onderhoud | Produksie | ||||
| Voermol SB 100 | 200 | – | – | – | – | – | 200 |
| Mielies | 670 | – | – | 410 | 80 | 550 | 750 |
| Voermol Procon 33 | 50 | – | – | – | – | – | 50 |
| Voermol Melassemeel | 80 | – | – | 40 | 40 | 40 | – |
| Voermol Supermol | – | 1kg/d -REЁN- SEISOEN | – | – | – | – | – |
| Voermol Produksielek | – | 1-1.5kg/d
DROЁ-SEISOEN |
– | – | – | – | – |
| Sout | – | – | 400 | 150 | 250 | 100 | – |
| Bovelder lekkonsentraat | – | – | 600 | 400 | 500 | 200 | – |
| Inname
(ad lib. weiding/ ruvoer ten alle tye beskikbaar) |
Ad lib. agter kruiphekke | Per vers/ 1ste Kalf koei | 400-550g/d | 900-1100g/d | 400-500g/d | 1200-1700g/dg | 1 – 1.5% van liggaamsmassa |
Wat gaan u as produsent die jaar verander om die pap wiele op die plaas aan te spreek?



