VOERMOL PROCON 33 is ’n ureumvrye hoë proteïenkonsentraat vir die tuisvermenging van hoë kwaliteit veevoere en: bevat ’n minimum van drie verskillende proteïenbronne om proteïenkwaliteit van hoë gehalte te verseker wat veral geskik is vir hoogproduserende melkkoeie en vinnig groeïende diere; het ’n baie hoë deurvloei proteïeninhoud; verskaf voldoende hoeveelhede van al sewe noodsaaklike spoorminerale...Read More
VOERMOL DROË KOEI AANVULLING is ’n spesiaal geformuleerde aanvulling vir die voer aan droë koeie vir die laaste 21 dae voor kalf: bevat die nodige anioonsoute asook die nodige kalsium, fosfaat, magnesium en swael om metaboliese steurnisse te help voorkom; bevat hoë vlakke van organiese spoorminerale soos sink, selenium, koper en mangaan wat hoogs opneembaar...Read More
VOERMOL ZILMOL is ’n medikament bevattende produk vir die byvoeging tot voerkraal afrondrantsoene: bevat die ß-agonis, Zilpaterol–HCl wat die neerlegging van proteïen bevorder, terwyl dit die neerlegging van vet onderdruk; kan die gemiddelde daaglikse toename met sowat 8 % verhoog, die voeromsetverhouding met sowat 12 % verbeter en die uitslagpersentasie met sowat 3 % verhoog;...Read More
VOERMOL SKAAPAFRONDKORRELS is ’n volledige voer vir die voerkraalafronding van lammers: bevat die nodige minerale, spoorminerale asook Vitamien A vir optimale produksie; bevat ’n ionofoor en ander medikamente om prestasie en doeltreffendheid te verbeter.Read More
VOERMOL SKAAPKONSENTRAAT is die nuutste afrondkonsentraat in die Voermol stal: koste-effektief en gee uitstekende resultate; bevat 40% proteïen en het ’n 10% insluiting; bevat al die nodige minerale, spoorminerale, vitamienes en medikamente om top prestasie te verseker; bevat anioonsoute om blaasstene by ramme te voorkom.Read More
VOERMOL SS 200 is ’n afrondingskonsentraat vir die afronding van lammers, skape en bokke en vir uitgroei van jong diere. Meng Voermol SS 200 met mieliemeel of heel garspitte en ruvoer. Waar die kragvoermengsel en ruvoer ad lib., maar afsonderlik gevoer word, maak van die “VOERMOLSTELSEL” gebruik. (sien p. 53 en 54). Hierdie voedingstelsel het...Read More
VOERMOL FASE D BULKORRELS is ’n volledige voer vir die voer van bulle: bevat die nodige spoorminerale, minerale asook Vitamiene A, D3 en E, om optimale prestasie te verseker; bevat ’n ionofoor en ander medikamente om prestasie en doeltreffendheid te verbeter; verseker dat bulle behoorlik uitgroei en nie oorvet word nie; Voer Voermol Fase D...Read More
VOERMOL NATBEEF is ’n konsentraat vir die afronding van beeste: is spesiaal ontwikkel vir die gebruik in voerkrale wat vir die EU mark produseer; bevat geen ionofore, medikamente of ander bestanddele wat in die EU verbied is nie; moet met mielies (of Hominy chop), ’n proteïenbron en hooi gemeng word; kan aan bulle ter voorbereiding...Read More
VOERMOL BEEFMAKER is ’n voerkraalkonsentraat vir die afronding van beeste waar geen of min hooi beskikbaar is nie: is beskikbaar as meel of korrel. Die voer- en menginstruksies is dieselfde vir beide die meel en korrel; bevat die nodige proteïen (beide NPN en natuurlike proteïen) wat voerkraalbeeste benodig; bevat die nodige ruvoer as effektiewe vesel...Read More
VOERMOL SUPER 80 is ’n vetmaakkonsentraat vir die vetmesting van beeste. Meng saam met mielies en/of ander grane, voerkalk en hooi om ’n vetmestingsrantsoen te gee: is hoogs gekonsentreerd wat vervoerkoste verlaag; bevat Monensin-Na wat die voeromset mag verbeter; bevat Sinkbasitrasien wat massatoename stimuleer en voeromset verder verbeter; bevat die nodige minerale en spoorminerale; bevat...Read More